Brabees kwekery
is geleë ± voor Augrabies Watervalle. Die kwekery word sedert 1955 bedryf, wat dit een van die oudste kwekerye in die land maak.
Brabees is bekend vir die groot verskeidenheid inheemse bome soos acacias en ander stuike, asook vetplante wat in die harde Kgalagadi / Noord Kaap klimaat floreer. Alle plante word gekweek van saad of stegies en geen plante word uit die Natuur verwyder nie.
Dit is egter die groot verskeidenheid vetplante waarvoor die kwekery bekend is,soos die Aloe fam., bv. Kokerbome, Aalwyne asook Gasterias, Hatwothias, Lithops, Euporbias.
Toeriste is altyd welkom en kan dalk `n skaars item hier kry om by sy versameling te voeg.
Toergroepe is welkom en per afspraak kan oom Jaap Oosthuizen,`n kenner van die omgewing en vetplante ,interessante feite wergee. Brabees kwekery is `n filial van Stok `n Boom Kwekery op Upington.

 

Kontak Stok 'n Boom Kwekery vir al u  benodigdhede t.o.v grootmaat groente saailinge, spanspek, ens.

  • groentesaailinge,
  • blomplantjies,
  • windlanings,
  • pekanneut bome,
  • potplantmengsels
  • kompos

VERBOUING VAN PEKANEUTE
OORSPRONG
Die natuurlike habitat van die Pekanneut (Carya Illinoensis) is die suid-oostelike en suid-westelike State van die VSA.Verbouing geskied tussen die 20 - 30° N en 20 - 30° S-Breedte.
VERBOUINGSGEBIEDE

  • Word kommersieël verbou - VSA State, Georgia, Texas Arizona, Mexico.
  • Ander pekanneut produserende gebiede is Australië, Israel, Noord Afrika, Egipte, Turkye, Brazilië, Australië en Suid-Afrika.
Designed & maintained by Webstudio